Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Luislang (Boidae)
Luislang [boodskap #122780] Di, 25 Desember 2018 16:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Suider-Afrikaanse luislang of gewone luislang (Python natalensis).
Die Suider-Afrikaanse luislang of gewone luislang (Python natalensis).
Die Luislang (ook Reuseslang; familie Boidae) is 'n spesie nie-giftige slang wat in Suidelike Afrika aangetref word en sy prooi in sy kronkels dooddruk. Die langste luislang bekend was 25 voet. Ten spyte van sy grootte is die luislang betreklik skadeloos en leef hoofsaaklik van rotte, hase en klein bokkies. Dit word aangetref in die digte boswêreld van Natal, Zimbabwe (Rhodesië), Oos-Transvaal en ('n ander soort) in Namibië (Suidwes-Afrika). Anatomies is luislange besonder interessant; twee horingagtige spore naby die stertpunt en die oorblyfsels van 'n bekken toon hulle verband met die akkedis. Hulle hou daarvan om in water rond te woel en is goeie boomklimmers. Anders as ander slange sit die luislangwyfie opgekrul op haar nes van 40 of meer leeragtige eiers om dit uit te broei. Sodra hulle uitgebroei het, kies elkeen sy eie koers. Luislange is veglustig wanneer hulle gewond is, en sal sowel hulle skerp tande as hulle sametrekkende vermoë aanwend om hulself te verdedig.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Luiperd
Volgende onderwerp: Lukin, Generaal-Majoor Sir Henry Timson
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:07:33 MGT 2024