Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Luiperd (Felis pardus)
Luiperd [boodskap #122779] Di, 25 Desember 2018 16:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Luiperd (Felis pardus) is 'n vleisetende dier, foutief 'tier' of 'vlakte-tier' genoem. Aangetref in klowe, bosagtige koppies en bosse van Kaapland tot Noord-Afrika. Hoewel hulle aansienlik in grootte en merke verskil, is die kleur van 'n tipiese luiperd geel met swart kolle, dig opmekaar. Swart luiperds is al in Suid-Afrika aangetref, maar is betreklik skaars. Hulle natuurlike prooi bestaan uit bobbejane en ape, hase, dassies en ander knaagdiere, kleiner boksoorte en groter wilde voëls. Wanneer hulle egter honger is, sal hulle mak diere helder oordag aanval. Hulle sterf vinnig uit in Suid-Afrika.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lugvaart
Volgende onderwerp: Luislang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:59:56 MGT 2024