Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lugvaart
Lugvaart [boodskap #122778] Di, 25 Desember 2018 16:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Vliegtuig wat 'n helikopter van brandstof voorsien.
'n Vliegtuig wat 'n helikopter van brandstof voorsien.
Lugvaart verwys die vervoer van mense en goedere deur die aarde se atmosfeer. Die Karman-lyn op 'n hoogte van 100 km bo die aarde se oppervlak word gebruik om die onderskeid tussen lugvaart en ruimtevaart te tref.

Die vliegkuns in Suid-Afrika kan teruggespoor word tot in die Napoleontiese oorloë toe 'n Franse gevangene in 1809 probeer het om 'n ballon te bou. Opstygings is in die midde-Victoriaanse tye uitgevoer en in 1884 het Sir Charles Warren se ekspedisie na Betsjoeanaland verskeie ballonne gebruik vir militêre waarnemingsdoeleindes. Ballonne is weer tydens die Tweede Vryheidsoorlog gebruik en beroepsvlieëniers het vertonings gelewer. In 1906 het P.J. Esser van Johannesburg 200 tree ver gevlieg met 'n tuisgemaakte vliegtuig, maar die vliegkuns het eers op 6 Februarie 1910 in alle erns begin toe 'n Belg, Albert Kimmerling, van Johannesburg af opgestyg het vir 'n suksesvolle vertoning. Plaaslike geesdriftiges het voortgegaan met proefnemings, veral wyle skout-by-nag J. Weston, wat vliegtuie gebou het op Brandfort in die Vrystaat. In 1913 is die eerste vliegskool geopen en in 1915 is die Suid-Afrikaanse Vliegkorps deur die Unie-Verdedigingsmag gestig.

Die eerste lugpos is in 1911 van die Kenilworthse renbaan af gestuur. Tydens die Eerste Wêreldoorlog was die ontwikkeling snel en in 1919 het South African Aerial Transports Ltd. begin met die eerste gereelde lugdiens. Die eerste geslaagde vlug van Londen na Kaapstad is in 1921 deur sir Pierre van Ryneveld en sir Quentin Brand onderneem. Die Johannesburg Light Plane Club is in 1927 gestig. In 1929 het Union Airways Ltd. met 'n subsidie van die Regering met 'n gereelde posdiens deur die Unie begin. As gevolg van geldelike moeilikhede word die diens later deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë oorgeneem. Die eerste gereelde lugdiens tussen die Unie en Brittanje is ingestel deur Imperial Airways op 20 Januarie 1932. In dieselfde jaar is die eerste meulvliegtuig ook in Durban vertoon. (Sien ook Vervoer, J.G. Household en ander indiwiduele inskrywings).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lüderitzland
Volgende onderwerp: Luiperd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:28:32 MGT 2024