Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lüderitz, Adolf
Lüderitz, Adolf [boodskap #122776] Di, 25 Desember 2018 16:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Adolf Lüderitz was 'n Duitse koloniseerder. Op 16 Julie 1834 in Bremen gebore. Hy ontmoet Heinrich Vogelsang wat skemas uitgewerk het vir die stigting van 'n Duitse nedersetting aan die weskus van Afrika. Lüderitz is gesteun deur die Duitse Departement van
Buitelandse Sake en toe Vogelsang in 1883 bekend maak dat hy grond by Angra Pequena van plaaslike opperhoofde gekoop het, seil hy daarheen en kom in September daar aan. Diplomatieke geskille ontstaan maar Bismarck het Lüderitz se aanspraak gehandhaaf. Dit was die grondlegging van die kolonie wat in 1884 Duits Suidwes-Afrika (tans Namibië) geword het. Lüderitz het in dieselfde jaar pogings aangewend om deur August Einwald konsessies in die destydse onbesette Pondoland te verkry. Hy het in 1886 na Suidwes-Afrika teruggekeer en, terwyl hy in 'n klein bootjie naby die mond van die Oranjerivier gevaar het, is hy die see in getrek en is daar nooit weer van hom gehoor nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lüderitz
Volgende onderwerp: Lüderitzland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:45:55 MGT 2024