Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lüderitz (Lüderitz-bucht)
Lüderitz [boodskap #122775] Di, 25 Desember 2018 16:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lüderitz (ook bekend as Lüderitz-bucht) is 'n dorp in Namibië (Suidwes-Afrika), vernoem na Adolf Lüderitz, stigter van die oorspronklike Duitse kolonie, wat in 1883 daar aangekom het. Die plek is oorspronklik Angra Pequena genoem, maar is na sy verdwyning en dood, na hom verdoop. Hoewel daar in 1894 'n Duitse militêre pos opgerig is en dit as hawe gebruik is, was dit eers in 1909 dat die ontdekking van diamante en die daaropvolgende ekonomiese bloeitydperk gelei het tot die stigting van 'n munisipaliteit. In daardie tyd het dit 'n eie effektebeurs gehad, maar vandag is dit, afgesien van sy hawe, belangrik vir sy handel met die diamantveld en in visserye en inmaak. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 3,604 (1,117 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lucky Bean
Volgende onderwerp: Lüderitz, Adolf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:33:52 MGT 2024