Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lovedale-Sendinginrigting
Lovedale-Sendinginrigting [boodskap #122770] Di, 25 Desember 2018 16:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Lovedale-Sendinginrigting is 'n groot opvoedkundige inrigting vir Bantoes by Alice, Kaapland. In 1826 onder die naam Incehra gestig en in 1826 herdoop na Lovedale ter ere van dr. John Love, sekretaris van die Glasgowse Sendinggenootskap. In 1936 vanweë grensmoeilikhede gesluit, maar is die volgende jaar op 'n nuwe terrein heropen danksy die pogings van die Free Church of Scotland wat dit in 1844 oorgeneem het. Lovedale het gou op die voorgrond gekom veral vanweë dr. James Stewart. Afgesien van die godsdienstige sy van dié inrigting is daar ook grotendeels gekonsentreer op die opvoedkunde, en verskeie blanke Suid-Afrikaners, insluitend sir James Rose-Innes het vroeër dae daar gestudeer. As ambagopleidingsentrum vir Bantoes het hierdie inrigting die grootste onderskeiding behaal. As gevolg van die ontwikkeling van die nabygeleë Universiteitskollege van Fort Hare (sien Fort Hare) is Lovedale se werk later in dié opsig ingekort.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Louwsburg
Volgende onderwerp: Loxton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:42:53 MGT 2024