Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Louwrens, Hilligard Muller
Louwrens, Hilligard Muller [boodskap #122768] Di, 25 Desember 2018 16:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hilligard Muller Louwrens was 'n regter van die Kaapse regbank. Op n Julie 1868 op Riversdal, Kaapland, gebore en ontvang opleiding aan die Victoria-Kollege, Stellenbosch. Hy begin sy loopbaan in 1886 as onderwyser, maar slaan oor na die regte en van 1892 tot 1903 praktiseer hy in die sybalie op Riversdal en Mosselbaai onderskeidelik. In 1903 tree hy toe tot die Middle Temple en word in 1906 advokaat. Hy keer in dieselfde jaar terug na die Kaap. Nadat hy lank 'n suksesvolle praktyk gehad het, word hy senior advokaat in 1921 en word in 1924 regter van die Kaapse regbank. Oorlede op 1 Oktober 1943.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Louw, William Ewart Gladstone
Volgende onderwerp: Louwsburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:18:22 MGT 2024