Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Louw, Dr. Marthinus Smuts
Louw, Dr. Marthinus Smuts [boodskap #122765] Di, 25 Desember 2018 16:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Marthinus Smuts ('Tinie') Louw was 'n Suid-Afrikaanse finansier. Op 15 Augustus 1888 op Ladismith, Kaapland, gebore en ontvang opleiding aan die universiteite Stellenbosch en Edinburgh. Nadat hy in die Oranje-Vrystaat onderwys gegee het, sluit hy aan by Sanlam, die eerste Afrikaner wat as aktuaris kwalifiseer. Hy is die stigter van baie belangrike finansiële instellings, veral Bonuskor, wat kapitaal deur middel van 'n nuwe metode in miljoene gemobiliseer het. Eerste Suid-Afrikaner wat 'n toekenning uit die Verwoerd-Trust ontvang het. Toegeken in September 1965.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Louw, Dr. Eric Hendrik
Volgende onderwerp: Louw, N.P. Van Wyk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:38:52 MGT 2024