Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Louw, Dr. Eric Hendrik
Louw, Dr. Eric Hendrik [boodskap #122764] Di, 25 Desember 2018 16:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Eric Hendrik Louw was 'n Suid-Afrikaanse minister. Op 21 November 1890 op Jacobsdal, Oranje-Vrystaat, gebore. Hy studeer aan die Victoria-Kollege, Stellenbosch, en die Rhodes Universiteitskollege, Grahamstad. In 1917 word hy tot die balie toegelaat en praktiseer in Grahamstad. Sy politieke loopbaan begin in 1924 met sy verkiesing tot L.V. van die Nasionale Party vir Beaufort-Wes. Die daaropvolgende jaar word hy Suid-Afrikaanse Handelskommissaris in die Verenigde State en Kanada. Toe volg 'n termyn in 1929 as Hoë Kommissaris in Londen. Van 1929 tot 1932 was hy Suid-Afrikaanse minister in Washington, gevolg deur soortgelyke poste in 1933 in Rome en in 1934 in Parys. Hy het ook die Unie verteenwoordig as afgevaardigde by verskeie sittings van die Volkerebond in Genève, en van 1948 af by die Verenigde Volke. In 1948 en weer in 1961 het hy die Statebondskonferensie in Londen bygewoon. Hy het in 1963 uit die aktiewe politiek getree.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Louw, Dr. Charles Robert
Volgende onderwerp: Louw, Dr. Marthinus Smuts
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:08:21 MGT 2024