Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Louw, Dr. Charles Robert
Louw, Dr. Charles Robert [boodskap #122763] Di, 25 Desember 2018 16:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Charles Robert Louw was 'n Suid-Afrikaanse finansier. In 1875 op Murraysburg, Kaapland, gebore. Hy ontvang opleiding aan die Paarlse Gimnasium en die Victoria-Kollege op Stellenbosch. Hy bekwaam homself as prokureur en praktiseer jare lank op Ermelo, Transvaal. In 1918 word dr. Louw een van die oorspronklike stigters van die Suid-Afrikaans Nasionale Trust en Assuransie Maatskappy (Santam) en die Suid-Afrikaanse Lewens - Assuransie Maatskappy (Sanlam) waarvan hy voorsitter word. Hy tree uit die regspraktyk en vestig hom op Somerset-Wes, waar hy heelwat ander belange verkry en die Federale Volksbeleggingsgroep stig waarvan hy ook voorsitter word. Ander belange sluit in die African Homes Trust, Macmanus Brothers Ltd., en die Trust Bank van Afrika.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Longlands
Volgende onderwerp: Louw, Dr. Eric Hendrik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:29:34 MGT 2024