Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lood
Lood [boodskap #122757] Di, 25 Desember 2018 13:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lood is 'n digte, sagte en hoogs smeebare metaal met 'n blou-wit kleur. Dit het 'n atoomgetal van 82 en 'n massagetal van 207,2. Lood is uiters giftig. As gevolg van die geskiktheid van lood vir die giet van koeëls, is pogings so lank terug as 1792 aangewend om die metaal naby die huidige dorp Uitenhage te ontgin. In 1805 is daaroor verslag gedoen deur Heinrich Lichtenstein. Selfs tot in die moderne tyd is herhaaldelik probeer om die sogenoemde 'Maitland Mines' te open. In Transvaal het die Voortrekkers Galena-erts naby Ottoshoop en naby Pretoria ontgin. Lood kom ook in Natal voor. Groot neerslae word by die Tsumeb-myn in Namibië (Suidwes-Afrika) en Broken Hill in Zambië aangetref.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Long Tom-Pas
Volgende onderwerp: Loskopdam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:31:00 MGT 2024