Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Long Cecil
Long Cecil [boodskap #122753] Di, 25 Desember 2018 13:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Long Cecil is die bynaam vir 'n kanon wat in De Beers se werkplaas vervaardig is tydens die beleg van Kimberley in die Tweede Vryheidsoorlog. Dit was 'n 28-ponder wat binne 24 dae deur manne gemaak is wat geen ondervinding van artillerie gehad het nie. Dit het die eerste van 225 koeëls op 19 Januarie 1900 afgevuur en is vernoem na Cecil John Rhodes wat in daardie tyd in Kimberley was. Die man wat grotendeels daarvoor verantwoordelik was, is George Labram, meganiese ingenieur van De Beers Consolidated Mines. Dit word as 'n monument in Kimberley bewaar.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: London and Rhodesian Mining and Land Company Limited
Volgende onderwerp: Longsiekte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:10:32 MGT 2024