Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Locke, Arthur D'Arcy ('Bobby')
Locke, Arthur D'Arcy ('Bobby') [boodskap #122747] Di, 25 Desember 2018 13:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Arthur D'Arcy ('Bobby') Locke was 'n Suid-Afrikaanse gholfkampioen. Op 20 November 1917 in Germiston, Transvaal, gebore. Hy begin gholf speel op baie vroeë leeftyd en in 1935 wen hy op 18-jarige ouderdom die Natalse, Transvaalse, die Suid-Afrikaanse Ope en die Suid-Afrikaanse Amateurkampioenskapstoernooi. Dit word die daaropvolgende jaar gevolg deur die Natalse Ope en die Britse Amateur-Ope. Van 1938 af het hy die Suid-Afrikaanse Beroepstoernooi 17 keer gewen. Afgesien daarvan dat hy die Kanadese, Franse, Egiptiese, Duitse, Ierse, Switserse, Hollandse, Meksikaanse, Australiese, Nieu-Seelandse en ander kampioenskappe gewen het, het Locke ook die Britse Ope vier keer gewen, in 1949, 1952, 1957 en 1959. Hy is die enigste speler, behalwe die beroemde Walter Hagen en Peter Thomson, wat dit kon regkry. Na 'n ernstige motorongeluk het hy internasionale gholf laat vaar.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lochiel
Volgende onderwerp: Loerie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:16:32 MGT 2024