Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Loch, Lord (Henry Brougham Loch)
Loch, Lord [boodskap #122745] Di, 25 Desember 2018 13:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Karikatuur van Henry Loch.
Karikatuur van Henry Loch.
Lord Loch (Henry Brougham Loch) was die Goewerneur van die Kaapkolonie. In 1827 gebore. Hy was Goewerneur van 1889 tot 1895, in die tyd toe die betrekkinge tussen die Britse en die Transvaalse regerings al hoe meer versleg het. Hy het sy bes gedoen om goeie betrekkinge met president Kruger te handhaaf. In 1895 ontvang hy 'n adeltitel. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was hy verantwoordelik vir die totstandkoming van die 'Loch's Horse'. Oorlede in 1900.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lobola
Volgende onderwerp: Lochiel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:57:44 MGT 2024