Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lobengula
Lobengula [boodskap #122743] Di, 25 Desember 2018 13:40
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lobengoela Khoemalo, Koning van die Ndebele
Lobengoela Khoemalo, Koning van die Ndebele
Lobengula was die Koning van die Matabeles. Seun van Silkaats by 'n minderwaardige vrou; ongeveer 1836 gebore. As gevolg van Nkulumane se poging om die troon te bekom (sy ouer half broer, ook Kuruman genoem) is Lobengula, die seun, byna deur sy vader doodgemaak. Hy word egter weggesmokkel. Hy volg Silkaats in 1868 op, beëindig 'n rebellie en bou sy stat by Gubulawayo, naby die huidige Bulawayo. Ten spyte van heelwat barbaarse karaktertrekke, het Lobengula tog ook oor goeie deugde beskik en was hy jagters, handelaars en ander blankes wat na sy kraal gekom het baie goedgesind. Na 'n besoek van eerw. J.S. Moffat het hy in 1886 'n ooreenkoms gesluit waarvolgens hy sekere regte aan die Britse owerhede toegestaan het. Dit word in 1888 gevolg met die vergunning van die beroemde Konsessie aan C.D. Rudd. Hy kom in botsing met die magte van die Chartered Company. Later probeer hy om sy gesag ten opsigte van die Masjonas te herstel, maar dit loop in 1893 uit op die Matabele-oorlog en hy word verslaan en uit sy stat verdryf. Hy is in 1894 iewers in die bosse langs die Zambezirivier oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lobelia
Volgende onderwerp: Lobola
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:36:12 MGT 2024