Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Livingstone, Dr. David
Livingstone, Dr. David [boodskap #122739] Di, 25 Desember 2018 12:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. David Livingstone was 'n ontdekkingsreisiger van Afrika en sendeling. In 1813 in Blantyre, Skotland, gebore. Op 10 jarige leeftyd begin hy in 'n katoenfabriek werk. Hy het op eie inisiatief gestudeer en homself in die medisyne bekwaam. Hy sluit aan by die Londense Sendinggenootskap en kom in 1840 na Suid-Afrika. Van sy hoofpos op Kuruman het hy onder die Betsjoeanas gewerk. In 1849 onderneem hy sy eerste ontdekkingsreis na die Ngami-meer vergesel van Mungo Murray en William Cotton Oswell. Hulle het deur die Kalahari-woestyn gereis en die Ngami-meer op 1 Augustus 1849 bereik. Terwyl hy op Kuruman was, het Livingstone betrokke geraak in 'n grensgeskil tussen die Boere en die stamme onder Sechele, waartydens sy sendingstasie vernietig is. Hy sit sy reise na die binneland voort en bereik die bolope van die Zambezi, waar die tsetsevlieg sy skema vir die oprigting van 'n sendingstasie in die wiele gery het. Tydens 'n trek van 2,5 jaar het hy in 1855 op die Victoria-waterval afgekom. Hy keer die jaar daarop na Engeland terug en in 1857 publiseer hy sy Missionary Travels and Researches in South Africa. Sy loopbaan in later jare bring hy hoofsaaklik in Sentraal-Afrika deur. In 1858 was hy Britse konsul in Quilimane, en in bevel van 'n ekspedisie wat die Njassa-meer ontdek het. Hy ondersoek die oorsprong van die Nyl en bereik so die Mweru-meer en die Bangweou-meer.

In 1872 het Henry M. Stanley, wat gestuur is om nuus oor Livingstone terug te bring, hom ontmoet. Livingstone het egter geweier om terug te keer en is op 1 Mei 1873 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Livingstone
Volgende onderwerp: Llewellin, Lord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:04:25 MGT 2024