Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lippert, Edward Amandus
Lippert, Edward Amandus [boodskap #122735] Di, 25 Desember 2018 12:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Edward Amandus Lippert was 'n myn-konsessionaris. In 1853 in Hamburg uit 'n Joodse familie gebore. Sy vader, David Lippert, was hoof van 'n handelsaak wat met die Kaap handel gedryf het. Saam met sy broer, William, het hy hom eers in Port Elizabeth en toe in Kimberley gevestig, waar hulle neef, Alfred Beit by hulle aangesluit het. Toe Edward Lippert na Johannesburg getrek het, het hy waardevolle nywerheidskonsessies van president Kruger verkry - onder meer die alleenreg vir die vervaardiging van dinamiet. Dit het gelei tot die stigting van die beroemde fabriek op Modderfontein. Hy het ook 'n konsessie verkry om benoorde Johannesburg met die aanplant van bome vir mynstutte te begin. Hierdie plantasie, Saxonwold, het later 'n deftige woonbuurt geword.

Van Lobengula het Lippert 'n grondkonsessie in Matabeleland ontvang wat so waardevol was dat Cecil Rhodes 'n ooreenkoms met hom moes aangaan om sy eie mynregte in daardie land te ontgin. Hy keer na die Tweede Vryheidsoorlog na Duitsland terug en het 'n suksesvolle melkeryonderneming in Hamburg gehad. Hy verloor egter sy geld tydens die inflasie wat na die Eerste Wêreldoorlog geheers het. Op 8 Desember 1925 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lionsrivier
Volgende onderwerp: Lipschitz, Lippy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:13:52 MGT 2024