Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lindley, Eerw. Daniel
Lindley, Eerw. Daniel [boodskap #122733] Di, 25 Desember 2018 12:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Eerw. Daniel Lindley was 'n sendeling en pionier-predikant. In 1801 in Ohio, V.S.A., gebore en opgelei as 'n predikant van die Presbiteriaanse Kerk. Hy word deur die American Board of Foreign Missions gekies om onder die Matabeles te gaan werk. Kom in 1837 in Natal aan waar hy, met veel ontmoediging, sendingwerk onder die Zoeloes gedoen het. Die aankoms van die Voortrekkers het ten gevolg gehad dat hy as hulle leraar aangestel is. Jare lank was hy feitlik die enigste geordende predikant in die Oranje-Vrystaat en Transvaal. Hy lê groot afstande af en doop, trou en neem duisende mense aan. Hy hervat in 1847 sy sendingwerk onder die Zoeloes en gaan daarmee voort tot 1858. Hy keer terug na die V.S.A. (1858-62), en werk toe nog 8 jaar lank in die Suid-Afrikaanse sendingveld. Van 1873 tot sy dood in 1880 het hy weer in Amerika gewoon.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lindley
Volgende onderwerp: Lionsrivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:13:46 MGT 2024