Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lichtenstein, Dr. Martin Karl Heinrich
Lichtenstein, Dr. Martin Karl Heinrich [boodskap #122721] Di, 25 Desember 2018 11:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Martin Karl Heinrich Lichtenstein was 'n Duitse ontdekkingsreisiger aan die Kaap. In 1780 in Hamburg gebore. Mediese beampte vir die Goewerneur, generaal Janssens, en sy seun se leermeester. Lichtenstein het in 1802 in die Kaap aangekom en het uitgebreide reise na die Oosgrens en elders onderneem. Later word hy aangestel as mediese beampte vir die Hottentot Ligte Infantrie. In 1805 word hy deur Janssens gestuur om as regeringskommissaris 'n besoek te bring aan die Betsjoeanastamme. Hy keer in 1806 terug na Duitsland na die anneksasie van die Kaap deur die Britte. Sy Travels in Southern Africa het 'n standaardwerk geword. Oorlede in 1857.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lichtenburg
Volgende onderwerp: Lidgetton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:47:10 MGT 2024