Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lichtenburg
Lichtenburg [boodskap #122720] Di, 25 Desember 2018 11:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lichtenburg is 'n dorp in Wes-Transvaal. In 1885 deur H.G. Greef gestig en so genoem omdat die ligte van die trekkers se waens by die oorspronklike uitspanning van ver af gesien kon word. Die plek was bekend as die tuisdorp van die beroemde Boereleier, generaal Delarey en van die siener, Nicholaas van Rensburg. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het kwaai gevegte daar plaasgevind. Later het dit bekendheid verwerf met sy spoeldiamantdelwerye wat in 1925 en 1926 meer as 25,000 mense na Elandsputte en ander nabygeleë delwerskampte gelok het. Vandag is dit 'n mielie- en boerderysentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 15,000 (6,000 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Libode
Volgende onderwerp: Lichtenstein, Dr. Martin Karl Heinrich
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:54:12 MGT 2024