Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Liberale Party
Liberale Party [boodskap #122718] Di, 25 Desember 2018 11:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Liberale Party (LP) is op 9 Mei 1953 in Kaapstad gestig. Ontwikkel uit die vroeë Suid-Afrikaanse Liberale Vereniging. Sy oorspronklike president was mev. V.M.L. Ballinger, met Alan Paton en Leo Marquard as gesamentlike onder-presidente, dr. O.D. Wolheim as nasionale voorsitter en Leslie Rubin as nasionale ondervoorsitter. Voorstander van rassegelykheid en gekant teen sowel Fascisme as Kommunisme. Hulle kon nie daarin slaag om groot steun onder kiesers te werf nie, maar het bygedra tot die verswakking van die Verenigde Party (VP), omdat talle vername, intellektuele Engelssprekendes die VP verlaat en die LP aangehang het. Die party is in 1968 ontbind.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Leydsdorp
Volgende onderwerp: Libode
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:23:52 MGT 2024