Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Leyds, Dr. Willem Johannes
Leyds, Dr. Willem Johannes [boodskap #122716] Di, 25 Desember 2018 11:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Willem Johannes Leyds was 'n Boere-staatsman. Van Nederlandse afkoms. In 1859 in Java gebore en studeer in Holland waar hy in 1884 sy doktorsgraad in die regte in Amsterdam verwerf ten tye van pres. Kruger se besoek aan Europa. Hulle ontmoet mekaar en Leyds word die amp as Staatsprokureur aangebied. Hy aanvaar dit in 1888 op 29-jarige ouderdom. Tydens die moeilike tydperk in die vroeë dae aan die Rand en die toenemende vyandigheid teenoor die Uitlanders het Leyds 'n getroue medewerker van Kruger geword. Met sy interpretasie van Kruger se beleid, het hy hom die misnoeë van die Johannesburgers op die hals gehaal. Ten spyte daarvan het hulle sy bekwaamheid erken, veral in die hantering van die omstrede administratiewe sake. In 1897 is hy as die Republiek se ambassadeur na Europa gestuur met sy hoofkwartier in Brussel. Daar bly hy die mondstuk van die Boeresaak dwarsdeur die Tweede Vryheidsoorlog. Na die Vrede van Vereeniging tree hy af in Holland waar hy baie skryf oor die Transvaalse geskiedenis en sy argief (nou in Pretoria) saamstel. Oorlede in 1940.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lewis, Neville
Volgende onderwerp: Leydsdorp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:52:42 MGT 2024