Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lewis, Neville
Lewis, Neville [boodskap #122715] Di, 25 Desember 2018 11:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Neville Lewis was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Op 8 Oktober 1895 in Kaapstad gebore en ontvang opleiding aan die South African College en in Londen. Hy word een van die land se mees vooraanstaande portretskilders. Persone wat vir hom geposeer het sluit in Alphonso XII, koning van Spanje, sir Winston Churchill, die Graaf van Athlone, generaal J.C. Smuts, veldmaarskalk lord Montgomery, veldmaarskalk lord Alexander en baie ander. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy aan die front as amptelike kunstenaar diens gedoen. Hy is in 1972 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lewis, Isaac
Volgende onderwerp: Leyds, Dr. Willem Johannes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:50:01 MGT 2024