Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lewis, Isaac
Lewis, Isaac [boodskap #122714] Di, 25 Desember 2018 11:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Isaac Lewis was 'n Suid-Afrikaanse nyweraar. Neef en vennoot van senator Samuel Marks. In 1849 in Rusland gebore. Hy kom in 1870 na Suid-Afrika en het 'n aandeel in die stigting van die maatskappy, Lewis & Marks, wat een van die grootste eiendoms- en nywerheidsondernemings in die sub-kontinent geword het. Sy rol was minder aktief as dié van Marks en hy was minder bekend by die publiek. Oorlede in 1925.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lewis, Ethelreda
Volgende onderwerp: Lewis, Neville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:41:01 MGT 2024