Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lewis, Ethelreda
Lewis, Ethelreda [boodskap #122713] Di, 25 Desember 2018 11:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ethelreda Lewis was 'n Suid-Afrikaanse skryfster. Sy is as Ethel Howe in 1875 in Matlock in Derbyshire, Engeland, gebore, maar sy neem die naam Ethelreda aan. Sy kom na Suid-Afrika en trou met dr. Joseph Lewis van Kaapstad. Lewis skryf 'n aantal romans waarvan een van die mees uitstaande boeke, The Harp (1925) handel oor die lewe in 'n klein Kaapse kusdorpie. Sy word hoofsaaklik bekend as die redaktrise van Trader Horn. Die reeks boeke wat daarop gevolg het, het haar aansienlike roem in Suid-Afrika en oorsee besorg. Sy is op 31 Julie 1946 in Port Alfred oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lewerik
Volgende onderwerp: Lewis, Isaac
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:35:40 MGT 2024