Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lewanika
Lewanika [boodskap #122711] Di, 25 Desember 2018 10:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lewanika was die Koning van Barotseland, Zambië. Omstreeks 1843 gebore. Hy was bekend as Robosi en het aandag getrek met sy dapperheid in 'n opstand teen die tiranniese Makololo, heersers van die Barotse in 1866. In 1876 is hy hoofman gemaak en het sy hoofkraal by Lealui opgerig. Hy word in 1885 beïnvloed deur die beroemde Franse sendeling, eerw. Francois Coillard en aanvaar 'n nuwe beleid van gematigdheid, wat 'n skerp kontras vorm met die barbaarsheid wat voorheen geheers het. Lewanika, soos hy homself herdoop het, het nooit formeel 'n Christen geword nie. Op Coillard se aanbeveling het hy in 1890 aangebied om homself onder die bewind van die Chartered Co., te plaas en het slawerny verbied. Lewanika is in 1916 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Le Vaillant, Francois
Volgende onderwerp: Lewerik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:09:55 MGT 2024