Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lesotho
Lesotho [boodskap #122704] Di, 25 Desember 2018 10:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Kaart van Lesotho.
'n Kaart van Lesotho.
Lesotho is 'n onafhanklike staat binne die Britse Gemenebes; geleë tussen Kaapland, Natal die Vrystaat en Transvaal. Dit beslaan 11,716 vierkante myl. Lesotho beslaan 11,716 vierkante myl en is die hoogste deel van die subkontinent met sommige van sy bergspitse tot 12,000 voet hoog. Talle van die inwoners werk in die Republiek, veral aan die Rand. 'n Enkelspoorlyn loop van die Vrystaat tot by die hoofstad, Maseru. Blankes woon daar op spesiale permit as staatsamptenare, handelaars of ander beamptes. Die vernaamste nywerhede is wol, beesteelt en die produksie van koring, waarvoor die gebied met sy koue klimaat baie geskik is.

Konsessies is op 'n tyd toegestaan vir diamantdelwerye. Sendelinge is baie bedrywig, en 'n universiteit wat studente uit die Republiek en aangrensende gebiede trek, is deur die Rooms-Katolieke Kerk op Roma gebou. Daar is weinig paaie, maar 'n begin is gemaak met 'n hoofweg deur die berge wat pragtige natuurtonele oopstel het en toegang tot gebiede wat tot nog toe net met 'n pakperd bereik kon word toeganklik maak. Onder die vernaamste besienswaardighede is die waterval van Maletsunyane, wat meer as 600 voet hoog is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Leslie
Volgende onderwerp: Lesseyton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:17:08 MGT 2024