Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Le Roux, Le Roux Smith
Le Roux, Le Roux Smith [boodskap #122702] Di, 25 Desember 2018 10:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Le Roux Smith Le Roux was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en omroeper. In 1914 in Kaapstad gebore. Hy studeer daar aan die Michaelis School of Art, die Slade School in Londen en in Rome. Hy onderskei homself op vroeë leeftyd, veral as dekoratiewe skilder, en in 1949 word hy aangestel as direkteur van die Pretoriase Kunssentrum. Hy was 'n ruk lank assistent-direkteur van die Tate-galery in Londen, maar word later 'n adviseur vir vooraanstaande kunsversamelaars in Amerika en elders. Hy was baie gewild as uitsaaier by die BBC met sy reeks met 'n Suid-Afrikaanse kleur. Oorlede in 1963.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lerotholi
Volgende onderwerp: Leslie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:33:14 MGT 2024