Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lelie (Liliaceae)
Lelie [boodskap #122696] Ma, 24 Desember 2018 20:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die belladonnalelie.
Die belladonnalelie.
Die Lelie (Liliaceae) is een van 'n groot familie bol- en knolplante en Karoo-vetplante. Die blomme is gewoonlik helderkleurig en bestaan uit 'n blomdekdeel van 6 segmente, soms vry en soms buisagtig, 6 meeldrade en 'n bostandige vrugbeginsel van drie verenigde vrugblare.

Die lede sluit onder meer in: agapanthus die pragtige pienk gegeurde Belladonnalelie (Amaryllis belladonna), volop in Oos-Kaapland, bolplant met winterblare wat in die somer doodgaan, blom in Maart; tjienkerientjees en 'n groep aalwyne (Haworthia) wat in baie opsigte by droogtetoestande aangepas het. Hiervan het die Haworthia pilifera 'n wit blomme-aar, bruin getande blare met blou punte wat wyd uitgesprei op die grond lê soos 'n Jerusalem-artisjok, herfs en winter, in Oos Kaapland. Ander aalwyne het blare wat soos 'n skede om die stam gevou is, bv. H. viscosa, 'n herfs- en winter-Karoo-plant met 'n soortgelyke maar meer delikate bloeiwyse. Die Zimbabwiese vuurlelie (Gloriosa superba) is nog 'n lid van dié familie. Dit klim baie voete hoog in klam grond deur middel van sy hakiesblare; gekartelde kroonblare. Sien Narsinglelie of Amarillis.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Leipoldtville
Volgende onderwerp: Lemoenhout
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:44:17 MGT 2024