Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Leibbrandt, Ds. Hendrik Carel Vos
Leibbrandt, Ds. Hendrik Carel Vos [boodskap #122693] Ma, 24 Desember 2018 19:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ds. Hendrik Carel Vos Leibbrandt was die eerste Kaapse argivaris. In 1837 in Kaapstad gebore. Hy studeer vir Nederduitse Gereformeerde predikant in Holland, waar hy 'n tydgenoot van president T.F. Burgers was. In 1859 word hy predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op Victoria-Wes, Kaapland, maar tree in 1877 uit die bediening as gevolg van geskille wat gespruit het uit sy moderne siening van sake. 'n Ruk later is hy aangestel as Argivaris van die Kaap-kolonie en was verantwoordelik vir die sistematiese rangskikking van chaotiese stelle ongeklassifiseerde rekords. Hy publiseer ook 'n lang en waardevolle reeks boeke oor sy eie navorsing. Op 2 Januarie 1911 in Kaapstad oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lehfeldt, Professor Robert Alfred
Volgende onderwerp: Leipoldt, Dr. Christian Frederick Louis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:34:52 MGT 2024