Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Leask, Thomas
Leask, Thomas [boodskap #122687] Ma, 24 Desember 2018 19:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Thomas Leask was 'n reisiger en jagter. In 1839 in die Orkney-eilande gebore. Hy bereik Natal in 1862 en begin in 1866 met sy reise in Masjonaland. In 1869 gaan hy na die Zambezi vergesel van dr. Calderley. Die twee was van die eerste blankes wat die Victoria-waterval gesien het. Leask was 'n persoonlike vriend van sowel Silkaats as Lobengula. Hy tree in 1870 af en gaan in Klerksdorp 'n vennootskap aan met J. Taylor, as Thomas Leask & Kie. Daar het hy 'n leidende aandeel in die ontdekking van die eerste goud en word in 1887 as die eerste president van die Klerksdorpse Kamer van Mynwese verkies. Hy is in 1912 in Skotland oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lazarus, Ezrael
Volgende onderwerp: Leenplaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:53:26 MGT 2024