Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lazarus, Ezrael
Lazarus, Ezrael [boodskap #122686] Ma, 24 Desember 2018 19:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ezrael Lazarus was op 'n tyd die grootste graanboer in Suid-Afrika. Daar word gewoonlik na hom verwys as die 'Mieliekoning'. In 1880 naby Kovno in Litaue gebore. Hy kom in 1896 na Transvaal en maak 'n begin in Johannesburg met slegs 'n paar sjielings. Hy verloor al sy besittings in die Tweede Vryheidsoorlog, maar begin weer van voor af naby Kinross in Transvaal met die plant van aartappels. In 1906 koop hy die plaas, Langsloot van 1,800 acres. Later koop hy ook die beroemde Bombardie en Cologne, aangrensend aan die distrikte Middelburg en Bethal, wat altesaam 'n gebied van nagenoeg 8,000 acres beslaan. Daar het hy mielieproduksie op ongehoorde skaal ontwikkel totdat sy gemiddelde oes 150,000 sak mielies per jaar was, afgesien van 150,000 sak aartappels, 3,000 sak koring, 2,000 sak pampoene, 1,000 sak grondboontjies en 'n groot hoeveelheid ander produkte. Lazarus het meer as 2,500 ton kunsmis per jaar gebruik en het meer as 20,000 acres, ongeveer 32 vierkante myl, bewerk. Hy het nagenoeg 60,000 acres in Transvaal besit en ongeveer 10,000 beeste. Sy personeel het bestaan uit ongeveer 40 blankes en meer as 2,000 Bantoes. Hy is in 1946 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lawrence, Harry Gordon
Volgende onderwerp: Leask, Thomas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:50:35 MGT 2024