Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lawrence, Harry Gordon
Lawrence, Harry Gordon [boodskap #122685] Ma, 24 Desember 2018 19:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Harry Gordon Lawrence was 'n Suid-Afrikaanse minister en politieke leier. Op 17 Oktober 1901 in Rondebosch, Kaapstad, gebore. Hy ontvang sy skoolopleiding in Kaapstad, word advokaat en begin met 'n regspraktyk. In 1929 tree hy toe tot die politiek met sy verkiesing as L.V. vir Soutrivier onder generaal Smuts. In 1938 word hy aangestel as Minister van Arbeid, Volkswelsyn en Gesondheid en in 1947 tree hy op as die Unie se afgevaardigde by die Verenigde Volke. Later was hy 'n prominente Opposisieleier. Toe sommige lede van die Verenigde Party wegbreek en die Progressiewe Party stig, was hy een van die stigterslede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lauts, Professor Ulrich
Volgende onderwerp: Lazarus, Ezrael
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:32:58 MGT 2024