Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Laurence, Sir Percival Maitland
Laurence, Sir Percival Maitland [boodskap #122683] Ma, 24 Desember 2018 19:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Percival Maitland Laurence was Regter-president van die Hooggeregshof van Griekwaland. In Walesby in Engeland gebore en ontvang opleiding aan Cambridge waar hy 'n skitterende loopbaan gehad het. Hy is in 1878 by Lincoln's Inn tot die balie toegelaat, maar as gevolg van swak gesondheid kom hy na die Kaap, waar hy in 1880 tot die balie toegelaat is. In 1881 gaan hy na Kimberley en weldra word hy Tweede Onderregter van die Hooggeregshof van Griekwaland. In 1888 word hy Regter-president. In 1913 tree hy af, en is op 28 Februarie 1930 in Engeland oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lattakoo
Volgende onderwerp: Lauts, Professor Ulrich
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:59:34 MGT 2024