Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Langley, Noel Aubrey
Langley, Noel Aubrey [boodskap #122674] Ma, 24 Desember 2018 07:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Noel Aubrey Langley was 'n Suid-Afrikaanse dramaturg, draaiboek- en romanskrywer. Op 25 Desember 1911 in Natal gebore en ontvang opleiding aan die Durban High School en die Universiteit van Natal. Hy vertrek oorsee en maak baie gou naam in Engeland en in die V.S.A. Sy suksesstukke sluit in Cage me a Peacock, Queer Cargo, Little Lambs Eat Ivy en There's a Porpoise Close Behind Me. The Wizard of Oz was een van die rolprente waaraan hy in 1938 in Hollywood gewerk het. Hy was ook in 1952 verantwoordelik vir die draaiboek van 'n rolprentweergawe van Dickens se Pickwick Papers.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Langholm
Volgende onderwerp: Lansdown, Charles William Henry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:09:59 MGT 2024