Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Langenhoven, Cornelis Jacob (C.J. Langenhoven)
Langenhoven, Cornelis Jacob [boodskap #122672] Ma, 24 Desember 2018 07:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
C.J. Langenhoven en Mev. Langenhoven in Oudtshoorn op hul dogter se huweliksdag in 1926.
C.J. Langenhoven en Mev. Langenhoven in Oudtshoorn op hul dogter se huweliksdag in 1926.
Cornelis Jacob Langenhoven was 'n Afrikaanse digter en een van die gewildste Afrikaanse skrywers. In 1873 naby Ladismith, Kaapland, gebore en deur familielede grootgemaak. Hy het op vroeë leeftyd reeds in letterkunde belanggestel en het gehelp met die uitgee van 'n skoolblad en die stigting van 'n Engelse debatsvereniging. Hy gradueer aan die Universiteit van Stellenbosch en word in 1900 tot die balie toegelaat. Hy begin skryf, maar kry nie veel erkenning tot veel later nie. In 1911 skryf hy Stukkies en Brokkies en in 1912 neem hy die redakteurskap oor van Het Zuid-Westen in Oudtshoorn. Daarna was sy naam altyd aan dié dorp gekoppel. Hy word lid van die Kaapse Provinsiale Raad en in 1914 slaag hy daarin om Afrikaans in plaas van Hollands as tweede taal in Kaapland se skole aanvaar te kry. Dit was 'n tydvak-skeppende gebeurtenis. In daardie jaar verskyn ook sy eerste blitsverkoper, Ons Weg deur die Wêreld gevolg deur meer as 50 boeke. Almal toon sy besondere spitsvondigheid en humor, fyn waarneming en 'n verbasende verskeidenheid onderwerpe, wat wissel van politieke pamflette tot die teerste gedigte. Sy beroemdste enkele werk is Die Stem van Suid-Afrika wat deur M.L. de Villiers getoonset is en die amptelike volkslied van die Unie geword het.

In 1920 word hy Parlementslid en in 1925 Senator. Sy werke was van die eerste in Afrikaans wat in 'n versamelde uitgawe gepubliseer is. Hy het jare lank 'n rubriek in Die Burger, waarvan hy 'n stigter was, geskryf onder die opskrif Aan Stille Waters. Oorlede in 1932.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Langebaan
Volgende onderwerp: Langholm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:28:25 MGT 2024