Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lange, Sir Johannes Henricus
Lange, Sir Johannes Henricus [boodskap #122670] Ma, 24 Desember 2018 06:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Johannes Henricus Lange was 'n regter van die Hooggeregshof van Griekwaland. Op 1 April 1852 in Uitenhage gebore en ontvang opleiding in dieselfde dorp en aan Cambridge. Hy word in 1876 toegelaat tot die Inner Temple en keer in 1877 terug na Kimberley om te praktiseer. Van 1878 tot 1880 was hy Parlementêre Opsteller en Klerk van die Wetgewende Raad van Griekwaland-Wes. Van 1881 praktiseer hy in Kimberley, terwyl hy ook parlementslid was van 1888-92. In laasgenoemde jaar word Lange kroonvervolger in Kimberley en word in 1896 bevorder tot die Hooggeregshof van die Griekwalandse Regbank. Hy is op s Januarie 1923 in die Kaap oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Langalibalele
Volgende onderwerp: Langebaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:14:38 MGT 2024