Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Langalibalele
Langalibalele [boodskap #122669] Ma, 24 Desember 2018 06:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Langalibalele was die Hoofman van die Amahlubistam in Natal en leier van 'n rebellie in 1873. Langalibalele met sy volgelinge het tussen Cathkin Peak and Giant's Castle in die Drakensberg naby die oorsprong van die Boesmansrivier gewoon. Na die stigting van Kimberley het baie van sy jong manne werk in die diamantmyne gekry en uit hulle verdienste gewere gekoop. Die plaaslike magistraat het hom versoek om hierdie gewere terug te besorg, maar ten spyte van herhaalde versoeke het Langalibalele geen gehoor daaraan gegee nie. In Oktober 1873 is 'n mag, bestaande uit 200 gereelde soldate, 300 vrywilligers uit Natal en nagenoeg 6,000 lojale naturelle met twee kannonne gemobiliseer om hom te ondenwerp. Sir Theophilus Shepstone en sir Benjamin Pine, die luitenant-goewerneur het die mag vergesel. Na 'n moeilike tog het 'n afdeling van die Natal Carbineers en die Royal Engineers die hoofman se kraal bereik, maar moes uitvind dat hy na Basoetoland gevlug het. Hy is eindelik naby Leribe gevang en vir verhoor na Pietermaritzburg geneem. Langalibalele is gevonnis tot lewenslange ballingskap en sy volgelinge is swaar strawwe opgelê. Biskop J.W. Colenso het tussenbeide gekom en die vonnis, van ballingskap na Robbeneiland, is gewysig. Langalibalele het in 1886 na Natal teruggekeer waar hy drie jaar later oorlede is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Langa
Volgende onderwerp: Lange, Sir Johannes Henricus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:13:11 MGT 2024