Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Landdros
Landdros [boodskap #122667] Ma, 24 Desember 2018 06:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die woord Landdros is afgelei van 'n Middelhoog-Duitse woord 'Drost' wat goewerneur van 'n provinsie beteken. Dit is in Suid-Afrika deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie ingestel. Die eerste aanstelling is in 1685 gedoen toe Jan Mulder landdros van Stellenbosch geword het waar hy die plaaslike hof gepresideer het, bygestaan deur vier "heemraden". Die titel landdros het in 1828 aan die Kaap verdwyn en is deur magistraat en staatskommissaris vervang. Dit het in die Boererepublieke herleef. In 1957 is dit herstel as die amptelike ekwivalent van magistraat.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Landbou
Volgende onderwerp: Langa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:53:09 MGT 2024