Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Landbou
Landbou [boodskap #122666] Ma, 24 Desember 2018 06:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Landbou is 'n ekonomiese aktiwiteit waartydens voedsel en ander goedere geproduseer word deur die aanplant en oes van gewasse en die aanteel en bestuur van vee (lewende hawe).

Mielies is die Republiek se grootste oes. Transvaal lewer die grootste produksie, gevolg deur die Vrystaat, wat Kaapland omtrent drievoudig en Natal byna vyfvoudig oorskry.

Kaapland is die vernaamste koringproduserende provinsie, gevolg deur die Vrystaat (minder as die helfte van Kaapland se opbrengs), Transvaal (minder as 'n vyfde), terwyl die produksie in Natal onbeduidend is.

Transvaal is die grootste produsent van sorghum en sy opbrengs oorskry die gesamentlike oeste van die Vrystaat, Kaapland en Natal in volgorde van produksie. Verreweg die grootste deel van die land se gars en rog kom uit Suidwes-Kaapland. Hawer word in die Vrystaat gekweek.

Die meeste van die land se aartappels kom uit Transvaal, gevolg deur Kaapland, die Vrystaat en Natal. Transvaal produseer ook die meeste grondboontjies, met die Vrystaat tweede, Natal derde en Kaapland vierde. Verreweg die meeste lusern word in Kaapland geproduseer, gevolg deur die Vrystaat, Transvaal en Natal.

Die digsbevolkte beesprovinsie in die land is Kaapland. Meer as die helfte van die land se skaap is in Kaapland, gevolg deur die Vrystaat, Transvaal en Natal. Byna twee-derdes is merinoskape. Hoewel karakoelskaap vroeër feitlik onbeduidend in Suid-Afrika was, word hulle nou in groot getalle geteel.

Van die Republiek se varke is meer as een-derde in Kaapland, gevolg deur Transvaal, Natal en die Vrystaat.

Kaapland het die meeste perde, gevolg deur die Vrystaat, Transvaal en Natal. Kaapland het ook die meeste muile, dan gevolg deur Transvaal, Natal en die Vrystaat, terwyl die meeste van die donkies in Transvaal is gevolg deur Kaapland, Natal en die Vrystaat.

Transvaal is die vernaamste pluimvee-provinsie met Kaapland kort op sy hakke, die Vrystaat derde en Natal vierde.

Die hele Namibië (Suidwes-Afrika) is feitlik landelik en die waardevolste vee is die karakoelskaap waarvan hulle die grootste produsent in die wêreld is. Botswana spesialiseer in beesboerdery; Lesotho, vanweë sy koue klimaat, in wol en graan, terwyl bosbou en katoenverbouing in Swaziland toegepas word. Mosambiek is 'n belangrike uitvoerder van tropiese produkte, insluitende suiker uit die Zambezi-vallei, katoen, grondboontjies en kopra.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Landau, Dr. Judah Leo
Volgende onderwerp: Landdros
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:14:17 MGT 2024