Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Landau, Dr. Judah Leo
Landau, Dr. Judah Leo [boodskap #122665] Ma, 24 Desember 2018 06:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Judah Leo Landau was 'n Suid-Afrikaanse Joodse geleerde, digter en rabbi. In 1866 in Galiciƫ, Oostenryk, gebore en stam uit 'n familie van geleerdes. Het op 'n jeugdige leeftyd begin belangstel in die herlewing van Hebreeus as spreek- en skryftaal. Hy studeer aan die Universiteit van Wenen, verwerf in 1898 sy doktorsgraad in Filosofie en sluit kort daarna aan by die Sionistiese beweging. In 1903 kom hy na Johannesburg. Daar woon hy vir die res van sy lewe as hoofrabbi en as professor in Hebreeus aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy beklee ook heelparty ander poste. Oorlede in 1942.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lamsiekte
Volgende onderwerp: Landbou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:40:05 MGT 2024