Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lambertsbaai
Lambertsbaai [boodskap #122662] So, 23 Desember 2018 18:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lambertsbaai is 'n inham aan die kus van Wes-Kaapland en 'n klein hawe. Aan vroeë Hollandse seevaarders en setlaars bekend en is omstreeks 1800 gekoloniseer. Vernoem na admiraal sir Robert Lambert, bevelhebber van die Kaapse stasie van 1820 tot 1821. Gedurende 1901 het, soos dit skertsend genoem is, 'die enigste seegeveg van die Tweede Vryheidsoorlog' hier plaasgevind toe lede van generaal J.B.M. Hertzog se kommando gevuur het op die H.M.S. Sybille terwyl dit vasgemeer was. Vandag is Lambertsbaai 'n belangrike vis- en kreefinmaaksentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 3,206 (799 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Laingsnek
Volgende onderwerp: Lammergeier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:07:58 MGT 2024