Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lagden, Sir Godfrey Yeatman
Lagden, Sir Godfrey Yeatman [boodskap #122659] So, 23 Desember 2018 18:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Godfrey Yeatman Lagden was 'n deskundige op Bantoesake en administrateur van Bantoegebiede. In 1851 in Engeland gebore. Kom in 1878 die eerste keer na Suid-Afrika as hoofklerk van die Staatsekretaris van Transvaal onder die eerste Britse besetting. Hy word later privaatsekretaris van sir Own Lanyon en sekretaris van die Uitvoerende Raad. Hy het later op verskeie kommissies gedien. In 1884 gaan hy na Basoetoland, waar hy in 1890 Resident-kommissaris word. In 1892 was hy Kommissaris in Swaziland en weer in Basoetoland van 1893 tot 1901. As voorsitter van die Interkoloniale Kommissie vir Suid-Afrikaanse Bantoesake, in 1902-04, het hy 'n klassieke verslag oor die "kleurprobleem" opgestel. Lagden het in die Tweede Vryheidsoorlog geveg en is herhaaldelik eervol vermeld. Hy het in 1909 'n standaardboek oor die Basoeto's geskryf en was 'n uitstekende jagter.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Laer
Volgende onderwerp: Laingsburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:49:07 MGT 2024