Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ladysmith
Ladysmith [boodskap #122657] So, 23 Desember 2018 18:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ladysmith is 'n dorp in Noord-Natal. In 1861 gestig en oorspronklik Windsor genoem. Later vernoem na die vrou van goewerneur sir Harry Smith van die Kaap. Hy het haar in romantiese omstandighede gered tydens die stormaanval op die vesting Badajos in die Spaans-Napoleontiese Oorlog en is later met haar getroud. Dit was vir lank die spooreindpunt vir verkeer na Transvaal. Die plek het wêreldberoemdheid verwerf toe dit tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur die Boere beleër is. Die beleg het op 27 Oktober 1899 begin en tot 28 Februarie 1900 geduur. Bloedige gevegte het daar plaasgevind. Tans is dit 'n boerdery- en nywerheidsentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 26,300 (8,000 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lady Grey
Volgende onderwerp: Laer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:33:08 MGT 2024