Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Labram, George
Labram, George [boodskap #122652] So, 23 Desember 2018 18:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
George Labram was 'n Amerikaanse ingenieur. In die V.S.A. gebore. Kom in 1894 na Suid-Afrika en word op 8 Oktober 1896 aangestel as hoof meganiese ingenieur vir De Beers Consolidated Mines. Hy tree op die voorgrond nadat hy 'n baie suksesvolle ghriestafel ontwerp het vir die opvang van diamante in die sorteringsproses. Sy mede-uitvinder was F.B. Kirsten. Die apparaat is in 1897 gepatenteer en deur De Beers oorgeneem. Tydens die beleg van Kimberley het Labram die 'Long Cecil' gebou. Hy is op 9 Februarie 1900 deur 'n Boere-granaat gedood.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kylsant, Lord
Volgende onderwerp: Ladismith
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:22:54 MGT 2024