Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kwagga (Equus. q. quagga)
Kwagga [boodskap #122640] So, 23 Desember 2018 14:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Skets van 'n kwagga.
Skets van 'n kwagga.
Die Kwagga (Equus quagga) is 'n uitgestorwe dier, soos die sebra op die kop en nek gestreep, en verder gewoon bruin. Hulle was vroeër wyd versprei, veral in die Karoo en Oranje-Vrystaat en is deur die Voortrekkers as kos vir hulle werkers geskiet. Die laaste kwagga is glo in 1878 in die Oranje-Vrystaat dood. 'n Lewendige kwagga wat deur die Kaapse Goewerneur, sir George Grey, geskenk is, was van 1858 tot 1864 in die Londense dieretuin te sien. Museumstukke word in Kaapstad, Bloemfontein en in Europa aangetref. Hoogte, 4 voet 6 duim van die skouer af.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kwabonambi
Volgende onderwerp: Kwa-Mashu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:35:18 MGT 2024