Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kruipmol, Reuse- (Chrysospalax trevelyani)
Kruipmol, Reuse- [boodskap #122626] So, 23 Desember 2018 13:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Reuse-Kruipmol (Chrysospalax trevelyani) is 'n klein, grawende knaagdier wat net in Oos-Kaapland, tussen King William's Town en Port St. John's aangetref word. Sowel hierdie as die kleiner kruipmol (Amblysomus hottentotus) is sonder stert en is korter, met stomper snoet en dieper kop as die Europese mol. Het onontwikkelde oë maar 'n fyn reuksin. Leef byna uitsluitlik van insekte en wurms. Die enigste skade wat hulle aanrig is om jong plante te steur, terwyl hulle die ondergrond baie nuttig omdolwe. Die kruipmol word dikwels verwar met die vernielsugtige blesmol.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kruidjie-roer-my-nie
Volgende onderwerp: Kruisfontein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:31:08 MGT 2024