Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Krugerwildtuin, Nasionale
Krugerwildtuin, Nasionale [boodskap #122624] So, 23 Desember 2018 13:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Laatwinter-landskap in die suidelike Krugerwildtuin, met bladwisselende Vaalboom en Sekelbos in die voorgrond, en Maroela en Rooiboswilg aan die voet van die granietkop.
'n Laatwinter-landskap in die suidelike Krugerwildtuin, met bladwisselende Vaalboom en Sekelbos in die voorgrond, en Maroela en Rooiboswilg aan die voet van die granietkop.
Die Nasionale Krugerwildtuin is die grootste Nasionale Park in die Republiek van Suid-Afrika. Die park strek oor nagenoeg 8,000 vierkante myl. Dit grens in die ooste aan Mosambiek en strek ongeveer 200 myl van Komatipoort na die Limpopo-rivier, 20 tot 50 myl wyd. Meesal gelyk, met Bosveldse flora. In 1898 as die Sabiewildtuin geopen waaraan die Shingwedzi-wildtuin in die noorde bygevoeg is asook enkele plase wat geskenk is. In 1926 het dié Nasionale Park in sy huidige vorm ontstaan en is dit vernoem na president Paul Kruger. Dit bevat die meeste belangrike Suid-Afrikaanse wildsoorte wat olifante in die noorde, leeus, luiperds, kameelperde, en baie boksoorte insluit. Pogings is aangewend om die renosters wat daar reeds uitgestorwe is, terug te neem. Die vroeëre ontwikkeling is grotendeels te danke aan luit.-kol. James Stevenson-Hamilton. Die Selati-spoorlyn gaan deur die Wildtuin en 'n netwerk paaie verbind kampe soos Pretoriuskop, Laer Sabie en Skukuza in die suide, Satara, Tshokwane, Orpen en Letaba in die middel, en Shingwedzi en Punda Maria in die noorde. Die belangrikste besoektyd is die winter. Talle besoekers gaan jaarliks soontoe. Net 'n sekere gebied is dwarsdeur die jaar oop.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kruger-Telegram
Volgende onderwerp: Kruidjie-roer-my-nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:24:37 MGT 2024