Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kruger-Telegram
Kruger-Telegram [boodskap #122623] So, 23 Desember 2018 13:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Kruger-Telegram is 'n naam wat gewoonlik gebruik is vir 'n boodskap wat deur Wilhelm II, die Duitse keiser, na die Jameson-inval aan president Kruger gestuur is. Dit is op 3 Januarie 1896 gestuur en het gelui: 'My hartlike gelukwense dat jy en jou mense sonder om enige hulp van buite te vra, daarin geslaag het om met jul eie magte die gewapende magte wat julle land binnegeval het, te verslaan en dat julle julle land se onafhanklikheid gehandhaaf het teen vreemde aggressie.' Die telegram het groot aanstoot in Engeland gegee en het gelei tot verswakte betrekkinge met Duitsland.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kruger-standbeeld
Volgende onderwerp: Krugerwildtuin, Nasionale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:58:44 MGT 2024