Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Krige, Uys
Krige, Uys [boodskap #122611] So, 23 Desember 2018 10:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Uys Krige was 'n Suid-Afrikaanse digter en skrywer. In 1910 op Bontebokkloof naby Swellendam gebore en studeer in Kaapstad en aan die Universiteit van Stellenbosch. Word joernalis en onderskei homself in 1938 met sy Afrikaanse toneelstuk, Magdalena Retief. Woon 'n tyd lank in Frankryk en Spanje. Tydens die Tweede Wêreldoorlog veg hy in Abessinië en Egipte en word in 1941 gevangene geneem en na Italië gestuur waar hy in 1943 ontsnap. Dit was die agtergrond van sy boek, The Way Out (in Engels geskryf) wat ook groot opspraak verwek het. Hy het Die Wit Muur en Die Palmboom geskryf en is 'n talentvolle digter. Was redakteur van die letterkundige tydskrif, Vandag, en het Shakespeare se Twelvth Night in Afrikaans vertaal. Het verskeie letterkundige pryse verower, wat 'n toekenning in die 'World's Short Story Competition' insluit. Het ook verskeie vertalings uit die Spaanse en Franse letterkunde in Afrikaans gedoen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Krige, Christman Joel
Volgende onderwerp: Krimpvarkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:34:23 MGT 2024